Description
Tellieport: die Noag se arkie-konsert 2026
Hierdie jaar bring die kleuters van Noag se arkie Kleuterskool hul gunsteling-flieks en TV-programme na die verhoog.
Bring die hele familie en kom geniet die aand saam met ons.
Besonderhede
📅 Datum: Vrydag 30 Oktober 2026
🕕 Tyd: 18:00
📍 Plek: Parow Panorama Kerk, 14 Rembrandt Singel, Panorama
Kaartjiepryse
- Volwassenes (14 jaar en ouer): R100
- Kinders (2–13 jaar): R50
- Kinders onder 2: gratis
- Noag se arkie-kleuters: gratis, geen kaartjie nodig nie
Boereworsrolle
Bestel sommer saam met jou kaartjies ’n warm boereworsrol vir die aand: R35 elk.
Konsertvideo
Bestel ’n video van die konsert om die aand weer en weer te kyk: R110.
Koeldrank
Hou jou dors op ’n afstand en bestel sommer jou koeldrank saam met jou kaartjies:
- Water (500ml): R15
- Coke, Coke Zero, Fanta Orange of Cream Soda (440ml): R20
- Cranberry-sap (350ml): R20
- Appel-sap (350ml): R20
Kaartjies, boereworsrolle en koeldrank word vooraf aanlyn gekoop. Kies hieronder die kaartjie, boereworsrol, koeldrank of konsertvideo wat jy wil hê, stel die aantal en voeg dit by jou mandjie.


